Onze boeken

Duiwelskloof

Door Andre P. Brink

Categorie
Zuid-Afrika
Boeknummer
#333781-VG30
Titel
Duiwelskloof
Auteur
Brink, Andre P.
Boektype
Paperback
Druk
2e druk
Uitgeverij
Kaapstad/Pretoria/Johannesburg : Human & Rousseau
Jaar van uitgave
2000
ISBN10
079814016X
ISBN13
9780798140164
Taal
Overig
Beschrijving
Paperback, 8vo. text in African.
Samenvatting
In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het 'n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, 'n eeu en 'n half later, bring 'n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot 'n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner – 'n vuil-uil met 'n mislukte huwelik, 'n mislukte loopbaan en 'n mislukte lewe agter hom – wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin. Oor 'n man wat sewentien kinders op sy teenstand... (Lees verder)er se graf verwek het. 'n Vrou wat met volmaan in 'n bokooi verander. 'n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in 'n boksie teruggebring het. 'n Man wat deur 'n swerm voëls hemel toe getrek is. 'n Meisie met vier borste . . . En daar is die mense van vandag: Soon Heilig wat die koolkoppe in hulle verdoemenis in preek, Smeed Smit wat probeer om 'n nagmerrie te beslaan, Ouma Liesbet Pruim wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar moet kom haal, Hans Toordenaar met sy gevaarlike gawe oor ander se lewens, Tant Poppie Vollemaan met haar rate vir enigiets behalwe die dood, Henta Voorperske met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans. En dan die raaiselagtige Emma wie se lewe met Flip Lochner s'n deurmekaar raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie. Onbeteuelde humor, 'n onheilspellende opbou van bose magte, 'n wemeling van stories, 'n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, 'n hellevaart, 'n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, 'n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding . . . dit alles is Duiwelskloof. Die roman is in 1999 bekroon met die W. A Hofmeyrprys.
Pagina's
363
Conditie
Goed — Name, place and date on half title.
Prijs
€ 15,00

Onze gebruikte boeken verkeren in goede tweedehands staat, tenzij hierboven anders beschreven. Kleine onvolkomenheden zijn niet altijd vermeld.